Op en WakkerOp en Wakker

Kom daar 'n regimeverandering in Iran?

View descriptionShare
Tienduisende mense neem die afgelope twee weke aan protesoptogte in die Islamitiese Republiek van Iran deel, ondanks skerp en dodelike optrede deur die Ajatolla-regime. Terwyl die amptelike sterftesyfer van protesgangers op meer as 500 staan, berig die tydskrif, Time, dit kan tot duisende beloop. Die owerhede in Iran het toegang tot die internet en selfoonseine grootliks afgeskakel. Sommige Midde-Oosterse ontleders sê al slaag hierdie protesoptrede nie om regimeverandering mee te bring nie, sal dit 'n beduidende invloed op die huidige bestel hê. Daar is byna jaarliks massaprotesoprede in Iran. Ons praat hieroor met dr. Heinrich Matthee, 'n veiligheids- en Midde-Oosterse kenner.
  • Facebook
  • X (Twitter)
  • WhatsApp
  • Email
  • Download

In 1 playlist(s)

  1. Op en Wakker

    6,379 clip(s)

Op en Wakker

Op en Wakker is 'n ontbytprogram met al die inligting, vermaak en opheffende inhoud wat jy nodig het 
Social links
Recent clips
Browse 6,382 clip(s)