Op en Wakker is 'n ontbytprogram met al die inligting, vermaak en opheffende inhoud wat jy nodig het om die dag op die regte voet te begin.
6,436 clip(s)
Loading playlist
Mense van oor die land heen is verslae ná die tragiese ongeluk Maandag in Gauteng wat die lewe van 12 skoolkinders geëis het. ’n Vroeë ondersoek dui daarop dat die minibus-taxi nie behoorlik gelisensieer was nie. Die bestuurder het ook nie ’n geldige lisensie gehad om leerders te vervoer nie. Terwyl die legkaart van wat presies skeefgeloop het nog stukkie vir stukkie aanmekaar gesit word, wend mense hulle tot sosiale media om hulle kollektiewe hartseer en woede te deel. Ons praat hieroor met dr. Elizma van der Smit, ’n kliniese sielkundige.