As jy gedink het 7de Laan en Muvhango was dramaties, het die Afrikabeker-eindstryd Sondag tussen Senegal en Marokko alles oortref. Dit het ’n wêreldwye debat oor sportmanskap en leierskap losgemaak, en die wenspan is met $300 000 beboet omdat hulle die spel onderbreek het. En terwyl die dreigbriewe nou oor grense heen vlieg, is daar steeds voorvalle van aanhangersgeweld – selfs ver weg van die stad, Rabat, waar die eindstryd plaasgevind het. Ons praat hieroor met Ilhaam Groenewald, die hoofdirekteur van Maties Sport by die Universiteit Stellenbosch.