Die Paasnaweek staan einde se kant toe en regoor die wêreld is Paasdienste gehou. Soos elke jaar, het politici op strepe hierdie kerkdienste bygewoon en dikwels om politieke, eerder as geloofsredes.
In Suid-Afrika het president Cyril Ramaphosa, gister die diens van die reuse ZCC-kerk by Moria in Limpopo bygewoon. Talle politici woon oor die jare dié kerk se Paasdienste by. Talle ander politieke leiers, soos adjunkpresident Paul Mashatile het ook dienste oor die naweek bygwoon en die media na die dienste genooi. Hoe ver strek kerke in Suid-Afrika se invloed? Ons gesels hieroor met professor Dion Forster wat spesialiseer in publieke teologie, verbonde aan die Vrije Universiteit Amsterdam.