Ons het haar die afgelope vier jaar leer ken as dr. Nicolette Nortjé in Binnelanders. Sy was ook te sien in Erfsondes en Getroud met Rugby. Nou het Kate Roothman die ateljee verruil vir 'n plaasbakkie as die agste aanbieder van die gewilde Boer soek 'n Vrou-werklikheidsreeks op kykNET. Kate het al haar vuurdoop gehad toe sy tien hubare boere gaan ontmoet het, wat nou wag vir briewe van moontlike pasmaats.



