Die land staan voor ’n deurslaggewende week in sy handelsbetrekkinge met die VSA. Ná pres. Donald Trump se besluit om ’n 30%-tarief op Suid-Afrikaanse uitvoere in te stel, is die druk hoog om ’n ooreenkoms te sluit. Intussen het Solidariteit sy eie gesprekke in Washington begin voer, wat vrae laat ontstaan oor wie werklik namens die land onderhandel. Ons praat hieroor met Johann Kotzé, bestuurshoof van AgriSA, wat vroeër deel was van pres. Cyril Ramaphosa se onderhandelingspan.