Elke Vrydag maak ons maalvleis van mites en fopnuus. Die minister in die presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, het vandeesweek gesê digitale platforms kan binnekort verplig word om te wys wanneer inhoud deur kunsmatige intelligensie geskep is. Dit is deel van ’n breër poging om fopnuus en misinformasie te bekamp. Maar hoe onderskei mens nog tussen feit, opinie en algoritme? Ons praat hieroor met Gert van der Westhuizen, Netwerk24 se politieke redakteur.