Met byna die helfte van aktiewe skenkers ouer as 46, en slegs ’n klein fraksie tussen 16 en 25, is Suid-Afrtika se toekomstige kapasiteit om lewensreddende stamseloorplantings te ondersteun, onder geweldige druk. Kenners waarsku dat dit direkte gevolge kan hê vir pasiënte met bloedkanker en ander lewensbedreigende siektes, sowel in Suid-Afrika as internasionaal. Ons praat hieroor met Marzelle Bothma, skenkerswelsynbeampte by die SA Beenmurgregister.