As jy onlangs by ’n hospitaal was, sou jy dit moontlik opmerk. Daai kleurvolle, bont sokkies wat onder jong dokters se wit jasse loer. Dit lyk op die oog af speels, maar vir baie gesondheidswerkers dra dit ’n baie ernstiger boodskap. Die sokkies is deel van die #CrazySocks4Docs-beweging wat aandag vestig op die uitbranding en geestesgesondheid van jong medici. Ons praat met dr. Florence de Vries, voorsitter van die Ithemba-stigting en met dr. Anke Beyers, ’n algemene praktisyn by Intercare Panorama.