Op en WakkerOp en Wakker

FAK en Staatsteater vat hande om Afrikaanse teater te steun

View descriptionShare
 
’n Nuwe hoofstuk in die uitvoerende kunste is ingelui toe die FAK en die Staatsteater ’n historiese samewerkingsooreenkoms aangekondig het. Dit onderneem om Afrikaanse teater weer prominent terug te plaas op een van die land se grootste en mees ikoniese verhoë in Pretoria. Dié vennootskap kom op ’n tydstip waar die Staatsteater sy rol as nasionale kunshuis herbesin, terwyl Afrikaanse kunsinstellings toenemend op soek is na groter sigbaarheid en volhoubare platforms. Ons praat met Sallas de Jager, die FAK se nasionale hoof van taal, kuns en musiek.
  • Facebook
  • X (Twitter)
  • WhatsApp
  • Email
  • Download

In 1 playlist(s)

Op en Wakker

Op en Wakker is 'n ontbytprogram met al die inligting, vermaak en opheffende inhoud wat jy nodig het 
Social links
Recent clips
Browse 7,335 clip(s)