Hartverskeurende tonele het hom gister in Johannesburg afgespeel. Nou wil dit voorkom of Johannesburg op die rand van die afgrond wankel. Die brand gister in die middestad, waarin meer as 70 mense dood is - onder meer babas en jong kinders - volg op 'n gasontploffing wat die middestad middel Julie geruk het. Terwyl talle middestede wêreldwyd gevaarlik is, is die kwessie van gekaapte geboue nié so algemeen soos in Johannesburg nie. Die gebou in Marshalltown wat in die brand vernietig is, was volgens Robert Mulaudzi, woordvoerder van die Johannesburg-metro, 'n informele nedersetting aan die binnekant. Ons gesels nou met die bestuurder van die Johannesburg Eiendomseienaars en -bestuursvereniging, Angela Rivers.