Op en WakkerOp en Wakker

Is daar nog planne om meer van Transnet te privatiseer?

View descriptionShare
Die onlangse aankondiging dat Kaai 2 by die Durbanse hawe gedeeltelik geprivatiseer gaan word, het gemengde reaksie uitgelok. Aan die een kant het maatskappye wat die hawe gebruik én selfs die ANC, dit verwelkom, terwyl sekere vakbonde die stap verwerp het. Durban hanteer volgens Transnet sowat 46% van Suid-Afrika se hawevrag, maar het op die jongste Wêreldbank-indeks wat hawens meet wat vraghouers hanteer, slegs die 364e plek uit 370 behaal. Tien jaar gelede, in 2013, was die Durbanse en Kaapstad-hawens van die top hawens in die wêreld. Is daar nog planne om meer van Transnet se besighede te privatiseer? Ons praat hieroor met professor Jan Havenga van die departement logistiek aan die Universiteit Stellenbosch.
  • Facebook
  • X (Twitter)
  • WhatsApp
  • Email
  • Download

In 1 playlist(s)

  1. Op en Wakker

    3,582 clip(s)

Op en Wakker

Op en Wakker is 'n ontbytprogram met al die inligting, vermaak en opheffende inhoud wat jy nodig het 
Social links
Recent clips
Browse 3,585 clip(s)