Die 49 Afrikaners wat verlede week in Amerika aangekom het, het nuusopskrifte vir dae lank in Suid-Afrika oorheers. Dit het ook internasionaal groot opslae gemaak, en verskeie vooraanstande mediahuise soos die BBC, CNN en Al Jazeera het daaroor berig. Ons praat met Heindrich Wyngaard, voormalige joernalis by die SAUK, gereelde RSG- aanbieder, meningsvormer en skrywer, oor die wyse waarop internasionale media die storie benader het.