Daar is ‘n fyn lyn tussen ‘n reg op privaatheid en geheimhouding. Geheime tussen ouers en kinders kan gevaarlik raak en kinders aan allerhande risiko’s blootstel. En dan was daar onlangs omstredenheid oor skole in Kalifornië wat glo inligting oor kinders se geslagskeuses van die ouers weerhou. Wat moet ‘n ouer alles weet, en hoe hanteer mens dit as jy dinge oor jou kind uitvind waarvan jy niks geweet het nie, want dit kan vertroue ‘n erge knou gee. Ons praat hieroor met dr. Melodie de Jager van die Mind Moves Institute.