Op en Wakker is 'n ontbytprogram met al die inligting, vermaak en opheffende inhoud wat jy nodig het om die dag op die regte voet te begin.
6,803 clip(s)
Loading playlist
Dit was nie ‘n goeie week vir die EFF nie. Van Maandag se nasionale “shutdown” wat toe nie so nasionaal was nie en ook nie die land tot stilstand geruk het nie, tot sy onsuksesvolle mosie in die parlement en ‘n bloedneus van die konstitusionele hof wat ‘n hofbevel in plek hou dat die party nie mense mag opsweep om grond te beset nie. Het die rooi barette ‘n kantelpunt bereik en Suid-Afrikaners se aptyt vir sy tipe politiek oorskat? Ons hoor by die politieke ontleder Alida Kok van Akademia wat sy dink.