As jy ’n potjie konfyt oopmaak, dink jy nie noodwendig aan ’n nasionale kampioenskap nie. Die bessiekonfyt van Hemelhuijs het 700 inskrywings uitgestof om as Suid-Afrika se Preserveerproduk van die Jaar aangewys te word. En dis nie al nie… Hemelhuijs het ook met twee ander preserveerprodukte kampioenstatus behaal by die kompetisie wat deur Agri-Expo aangebied is. Ons gesels met Jo-Mari en Jacques Erasmus, die sibbe agter Hemelhuijs in Kaapstad.