GLP-1-middels soos Ozempic, Wegovy en Mounjaro is toenemend gewild vir gewigverlies. Vir mense met vetsug of tipe 2-diabetes kan dit lewensveranderend wees, maar kenners waarsku dat ons ook oor die impak op geestesgesondheid moet praat. Wat gebeur as jou lyf verander, maar jou kop en emosies sukkel om by te hou? Om vinnig die kilo’s af te skud, kan immers ook jou selfbeeld, bui en verhoudings beïnvloed. Ons praat hieroor met dr. Ronell Williams, ’n lid van die Suid-Afrikaanse Vereniging van Psigiaters.