Grondhervorming bly een van Suid-Afrika se mees emosionele en komplekse gesprekke – een wat diep raak aan geskiedenis, regverdigheid en die toekoms. Maar wanneer daar oor praktiese oplossings gepraat word, skuif die gesprek vinnig van spanning na moontlikheid, en begin mense weer luister na wat werklik werk op die grond. Ons praatoor die werk van Partners in Agri Land Solutions, of te wel PALS. Hulle benader grondhervorming as ’n gedeelde onderneming tussen kommersiële boere, nuwe era-boere en die breër landboubedryf. Ons praat met Gerrit van Vuuren, stigter en strategiese raadgewer by PALS.