Die Minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, het onalngs 'n konsepkurrikulum vir Geskiedenis van graad 4 tot matriek in die Staatskoerant gepubliseer. Die voorgestelde kurrikulum het lof én teenkanting uitgelok. Ons praat met 'n persoon wat geskiedenisonderwysers oplei, professor Johan Wasserman, verbonde aan die Fakulteit Opvoedkunde aan die Universiteit van Pretoria.