"Die minister van Kuns, Kultuur en Sport, Gayton McKenzie, verstaan nie sy mandaat nie, en dis vriendelik gestel," skryf Cornelia Faasen onlangs in 'n artikel oor die stand van die kunste en kultuur in Suid-Afrika. Sy voer aan die minister is nie die nuwe besem wat skoon vee, soos aanvanklik gehoop is nie. Sy skryf ook kunstenaars moenie net op Facebook kla nie, maar daadwerklik iets doen. Gehore moet ophou vra vir gratis kaartjies anders sal "Afrikaanse kunste net voortbestaan as 'n nostalgiese kuriositeit." Cornelia is die bestuurshoof van die Nasionale Afrikaanse Teater-inisiatief (Nati).