Dik of dun, is die vraag op die lippe van skrywers en literêre kenners. Die skrywer, Stefaans Coetzee, het 'n knuppel in die hoenderhok gegooi toe hy onlangs in 'n rubriek aangevoer het boeke hoort in hierdie dag en tyd dunner te wees. Die digter en letterkundige, professor Joan Hambidge, het daarop reageer en verwys na baie belangrike romans wat dik boeke is. "Miskien moet ons boekmerke in romans los. En môre verder lees," skryf sy. Ons praat hieroor met die uitgewershoof van NB Uitgewers, Annie Olivier, en met dr. Francois Smith, skrywer, uitgewersredakteur en hoof van die Departement Afrikaans, Nederlands, Duits en Frans aan die Universiteit van die Vrystaat.