Gauteng se belastingbetalers het die boekjaar, wat in Maart 2025 geëindig het, 'n allemintige R3,1 miljard opgedok om die sowat 7,8 miljoen passasiers wat die Gautrein gebruik het, te subsidieer - 'n bedrag van ongeveer R388 per passasier, per rit. Hierdie geld kom uit die provinsiale departement van paaie en vervoer se begroting, wat onder meer ook verantwoordelik is vir slaggate en straatligte. Gauteng se premier, Panyaza Lesufi, het verlede jaar aangekondig die Gautrein-roetes sal teen R120 miljard uitgebrei word van die huidige 80 km na sowat 230 km, om uiteindelik gebiede soos Roodepoort, Soweto, Fourways en Mamelodi in te sluit. Is hierdie uitbreidings die geld werd? Ons praat hieroor met professor Jan Havenga van die Universiteit Stellenbosch.