'n Fassinerende boek oor 'n Suid-Afrikaanse kerkargitek, wat in sy loopbaan meer as 'n 120 kerkgeboue in Suid-Afrika ontwerp het, is binnekort op die rakke. Die argitek, Wynand H. Louw, het kort ná die Anglo-Boereoorlog in Engeland argitektuur gaan studeer, voor hy na Suid-Afrika teruggekeer het en die reuse getal kerke ontwerp het. Sy kleinseun, die siviele ingenieur Albert Geldenhuys, is die skrywer van die boek, OP DIE SPOOR VAN KERKARGITEK, WYNAND H. LOUW. Die boek het meer as 300 foto's.