Die wêreld se grootste enkele sportgeleentheid, die Wêreldbeker-sokkertoernooi, was een van die mees omstrede toernooie in die sport se geskiedenis. Die toernooi is natuurlik goeie teelaarde vir fopnuus. Een so 'n voorbeeld is 'n video wat sowat 30 miljoen keer gekyk is, en groot opskudding veroorsaak het. Om hieroor te praat, sluit Gert van der Westhuizen, politieke redakteur van Netwerk24 en 'n groot sokkerliefhebber, by ons aan.