Kort nadat dr. Ernst Roets by die Solidariteit-beweging weg is, het hy die Pionier-inisiatief aangekondig, wat ten doel het om selfregering in Suid-Afrika te bevorder. Dié inisiatief is omvorm in Lex Libertas, wat gisteraand in Pretoria bekendgestel is. Lex Libertas beteken die wet van vryheid, of vryheid binne die wet.