500 Jaar se Suid-Afrikaanse militêre geskiedenis word die naweek by die Kasteel die Goeie Hoop in Kaapstad gevier. Daar sal verskeie uitstallings wees, onder meer van ou militêre voertuie en wapentuig, maar daar gaan ook interessante lesings aangebied word. Om met ons hieroor te praat, sluit die kurator van die Kasteel se militêre museum, Jacques Olivier, by ons aan.