Die eerste Suid-Afrikaner wat ooit in die grande dame van operahuise, La Scala, in 'n opera gesing het, die sopraan Emma Renzi, het onlangs 'n 100 jaar oud geword. Renzi is op 8 April 1926 in Heidelberg in die destydse Transvaal gebore, as Emmarentia Scheepers. Sy is in die lewe gebring deur dr. A.G. Visser, die digter, wat die gesin se huisdokter was. Benewens 'n internasionale operaster, was sy ook 'n geliefde sangonderwyser. Willem Vogel het in 2022 hierdie onderhoud met Renzi gevoer.