Emily Hobhouse was ’n vrou wat meer as ’n eeu gelede bereid was om teen die magtiges op te staan, toe sy die haglike toestande in die Britse konsentrasiekampe tydens die Anglo-Boereoorlog blootgelê het. ’n Honderd jaar ná haar dood word haar nalatenskap aanstaande maand in Bloemfontein herdenk deur ’n uitbeelding van haar staatsbegrafnis in 1926. Ons praat met Elsabé Brits, ’n joernalis en skrywer van die boek. Emily Hobhouse: Beloved Traitor, en projekleier van Emily100.