Elke Vrydag maak ons maalvleis van mites en fopnuus. Ons kyk ons na nuwe reëls wat politieke partye en onafhanklike kandidate moet keer om kiesers met vals of misleidende inligting te beïnvloed. Die Onafhanklike Verkiesingskommissie se nuwe gedragskode plaas onder meer ’n verpligting op deelnemers om die akkuraatheid van inhoud te verifieer, en vals inligting binne 36 uur reg te stel. Ons praat hieroor met Gert van der Westhuizen, Netwerk24 se politieke redakteur.