Emily Hobhouse en geslagsgeweld

 
Emily Hobhouse, wat vanjaar 'n 100 jaar gelede oorlede is, en wie se staatsbegrafnis onlangs in Bloemfontein herskep is, het haar hele volwasse lewe aan die stryd teen geslagsgeweld gewy, toe die term geslagsgeweld nog nie eens bestaan het nie. Eersdaags skop die 16 dae-veldtog van Aktivisme teen Geslagsgeweld af, en die Oorlogsmuseum in Bloemfontein bied 'n uitstalling en simposium aan as deel van die veldtog. Om hieroor te praat, sluit dr. Vicky Heunis by ons aan. Sy is die versamelingsbestuurder van die Oorlogsmuseum.

Op en Wakker

Op en Wakker is 'n ontbytprogram met al die inligting, vermaak en opheffende inhoud wat jy nodig het… 

Social links