Sedert die aankondiging van Robert Pattinson as die nuwe James Bond, gons dit wêreldwyd. Dit wil voorkom of die meeste mense nie juis tevrede is met die keuse nie, maar met vorige James Bond-keuses was daar ook aanvanklike ontevredenheid. Die eerste James Bond-fliek is 64 jaar gelede in 1962 vrygestel. Pattison is die agste akteur wat die rol van 007 vertolk. Ons gesels hieroor met RSG se fliek-ghoeroe, Leon van Nierop.



