Eisteddfods is dekades lank al deel van die Suid-Afrikaanse landskap, waar jongmense hulle talente kan ten toon stel. Wie kan nie onthou hoe hulle rok- of broeksoom gebewe het as jy 'n gedig moes voordra, iets moes sing of jou stuk op 'n instrument moes speel. Die selfvertroue wat dit kweek is byna onmeetbaar. Die Courage Eisteddfod is vandeesweek in Kaapstad aan die gang. Dis 'n eisteddfod vir kinders met spesiale behoeftes. Lizelle de Bruin het gaan inloer.