‘n Paar geslagte Suid-Afrikaners het grootgeword met stories van Antjie Somers en die ou seerower, Van Hunks, wat teen Duiwelspiek saam met die duiwel sit en pyp rook wanneer die mis van Tafelberg af oor Kaapstad rol. Die vraag is: Is hulle blote legendes wat bedoel is om stout kinders tot gehoorsaamheid te dreig, of het hulle regtig geleef. Daniël Lötter is die man wat al hierdie interessante stories elke week met ons deel. Hy het die stories verewig het in sy boeke, DWARS: RARE KARAKTERS ONDER ONS en GEDAANTES EN GEDOENTES: STORIES OOR SPOKE, SIENERS EN LEGENDES.