Die Koue Bokkeveld, die Hantam, deur die Boesmanland tot bo in Namakwaland, was die wêreld waarin Dirk Ligter rondgeswerf het. Hy was op sy dag die bekendste veedief in die land, en daar is soveel legendes oor hom dat skrywers soos Boerneef en Joe Dauth van sy stories opgeteken het. Ons praat in ons reeks oor dwarstrekkers en ander interessante Suid-Afrikaners uit die verlede, oor Dirk Ligter. Die man wat al hierdie interessante stories ken en met ons deel, is die skrywer, Daniël Lötter, wat die stories verewig het in sy boeke, DWARS: RARE KARAKTERS ONDER ONS en GEDAANTES EN GEDOENTES – STORIES OOR SPOKE, SIENERS EN LEGENDES.