Europa se jongmense is keelvol, en maak hulle stemme al hoe harder hoorbaar. Van Frankryk tot Italië en Spanje vaar duisende jonges die strate om onder meer teen stygende lewenskoste te betoog. Van dié betogings het intussen ook in geweld ontaard. Nou het dié protesgolf ook Duitsland bereik, waar jongmense onder die vaandel van Generasie Z mobiliseer. Hulle is bekommerd oor hulle ekonomiese toekoms en die moontlike terugkeer van verpligte militêre diensplig. Ons praat in Berlyn met die skrywer en kunstenaar, Deon Maas.



