Mediese geskiedenis is stil-stil in Suid-Afrika gemaak tydens die Desember-vakansie. ’n Elektrode-vrye pasaangeër, so klein soos ’n AAA-battery, is suksesvol in die hart van ’n pasiënt geplaas by die Netcare Unitas-hospitaal in Centurion. Dit is die eerste van sy soort in die land. Die prosedure verloop sonder drade, en die pasiënt het agterna geen litteken of bult op die bors nie. Dié tegnologie bring nuwe hoop vir pasiënte met hartritme-afwykings. Ons praat met dr. Jean Vorster, die kardioloog wat die prosedure behartig het.