Een van Afrikaans se invloedrykste digters, D.J. Opperman, is verlede jaar presies 40 jaar gelede oorlede. Opperman, wat op 'n plaas naby Dannhauser in KwaZulu-Natal gebore is, is vir sy sy debuut-digbundel, Heilige beeste in 1945, met die Hertzogprys bekroon. Opperman en die koerantredakteur, Schalk Pienaar, se vriendskap en kuiers met rooiwyn by Franskraal, was legendaries. Die digter en letterkundige, Joan Hambidge, beskryf Opperman as 'n "Dirk-der-duisende". Om oor Opperman met ons te gesels, sluit die digter, dr. Daniel Hugo, by ons aan. Daniel het in 'n stadium by Opperman klas gehad.