Wat maak Karoo-lam so besonders? Nuwe navorsing van die Universiteit Stellenbosch bevestig nou wetenskaplik wat boere en fynproewers lankal weet: dié vleis is nie net voller van geur nie, maar ook gesonder. Ons praat met die hoofnavorser, prof. Phillip Strydom van die Departement Veekundige Wetenskappe, oor sy studie wat alles van omegavette tot veldaromas onder die loep geneem het.