Ses maande van spanning. Ses maande van verwarring. En uiteindelik ’n slag so brutaal dat dit nie net ’n koerant nie, maar ’n stuk van Afrikaanse mediageskiedenis verpletter het. Die sluiting van Beeld en ander Media24-koerante het die nuuslandskap geruk. In sy nuwe boek, DIE (VREEMDE) EINDE VAN ’N KOERANT, werp Beeld se laaste redakteur, Barnard Beukman, nuwe lig op Media24 se raaiselagtige besluitneming, die politieke stiltes en die verwoestende uitwerking van adverteerders se onttrekking.