Sedert die nuus bekend geword het dat Media24 van sy gedrukte koerante wil sluit, was daar groot ongelukkigheid onder lesers, meningsvormers oudredakteurs en joernaliste. Intussen het die maatskappy besluit om nie die meer as 60 joernaliste af te lê nie. Die voortbestaan van dekades oue en vertroude handelsname is egter steeds in gedrang. Netwerk24, wat vanjaar 10 jaar oud is, sal nou alle Afrikaanse Media24-inhoud, huisves. Ons praat hieroor met die redakteur van Netwerk24, Henriëtte Loubser.