Vrydagaande op RSG het ’n bekende ritme. Dis Reggie Philander wat daardie onmiskenbare energie na die mikrofoon bring. Sy dansmusiekprogram, Skud dit, is baie gewild, en gereelde luisteraars sal weet dat hy soms selfs saamsing terwyl hy DJ. Reggie is al 25 jaar lank deel van die Suid-Afrikaanse radiolandskap. Ons blaai saam met hom terug deur sy passie vir mense, musiek en radio.