Suid-Afrika kry net nie sy uitdagings met vreemdelingehaat vasgevat nie. Hierdie week moes owerhede weer inderhaas ingryp om ’n sogenaamde 30 Junie-ultimatum vir ongedokumenteerde buitelanders as fopnuus te verklaar. Die plakkaat, wat wyd op sosiale media versprei is, het baie mense onnodig ontstel en nuwe spanning in reeds gespanne gemeenskappe gevoed. Ons praat met Gert van der Westhuizen, die politieke redakteur van Netwerk24.