Dis vandeesweek 45 jaar gelede toe die raaiselagtige Smit-moorde die land geruk het. As jy daardie tyd die nuus gevolg het, sal jy dit defnitief onthou, maar as jy daarna gebore is of nog baie jonk was, sal dit dalk glad nie in jou verwysingsraamwerk wees nie. Dit was 22 November 1977 toe dr. Robert Smit en sy vrou, Jean-Cora, in hulle huurhuis in Springs vermoor is, kort voor ‘n algemene verkiesing waar Smit ‘n kandidaat sou wees vir die NP. Ons praat met hulle dogter Liza oor die gebeure wat 45 jaar gelede haar lewe verander het, en tot vandag toe nog onopgelos bly.