Jy sien dit by verkeersligte regoor Suid-Afrika: mense wat met verfkwaste, grawe of ander gereedskap in die hand staan, gereed om op ’n bakkie te spring vir ’n dag se werk. Soms is daar ook ’n gegradueerde tussen hulle. Maar agter dié sigbare oomblikke lê ’n informele ekonomie wat die hoofbron van oorlewing vir miljoene Suid-Afrikaners geword het. Ons praat hieroor met Anzill Adams, ’n PhD-navorser en tegnologie-entrepreneur.