Die droom van ’n lewensvatbare Palestynse staat lyk steeds ver en onbereikbaar. Dit is ondanks groeiende internasionale druk en steun van magtige Westerse lande soos Frankryk, Brittanje en Kanada in die laaste week of wat. In ’n wêreld waarin geopolitieke belange, historiese traumas en politieke onversoenbaarheid bots, bly die pad vorentoe vir vrede onduidelik en vol struikelblokke. Ons praat hieroor met Farid Esack, ’n professor in godsdiensstudies verbonde aan die Universiteit van Johannesburg.