Prof. Sakkie Spangenberg se jongste boek, DIE BYBEL, DIE CHRISTELIKE GODSDIENS EN DIE WAARHEID, het onlangs by Naledi verskyn, en lok reeds wyd reaksie uit in koerante en kommentaarafdelings van nuuswebtuistes. In haar gereelde rubriek in Beeld, skryf professor Christina Landman, die boek bevat ou navorsing, en sê dit is onnodig om mense se geloof te steel. Ons praat hieroor met Sakkie, wat al die pad uit Amerika gesels, waar hy op besoek is.