Ons gesprek met professor Sakkie Spangenberg oor sy boek, DIE BYBEL, DIE CHRISTELIKE GODSDIENS EN DIE WAARHEID, het wye reaksie ontlok. Spangenberg se eertydse kollega, professor Christina Landman, het hom onder meer daarvan beskuldig dat hy Christene se geloof steel. Volgens professor Ignatius Gous, nog 'n oud-kollega van Spangenberg en Landman, is daar ’n ander perspektief op die debat.