Die Afrikaner Broederbond, deesdae bekend as Die Afrikanerbond, is al langer as 'n eeu voortdurend in die nuus. Onlangs weer is die organisasie se rol met kaderontplooiing vergelyk. Ons vier vanjaar 30 jaar van demokrasie in Suid-Afrika. Het die Broederbond 'n rol gespeel in die oorgang na demokrasie? Jan Bosman is die hoofsekretaris van die Afrikanerbond en het onlangs sy meestersgraad oor die onderwerp voltooi.