In 2005 het die aktrise, Margit Meyer-Rödenbeck, en haar man, Jurg Human, die deure van hulle teater, Die Boer, in die noordelike voorstede van Kaapstad, oopgemaak. Jurg en Margit het nie net die teater in daardie jaar geopen nie - hulle het ook saam ingetrek en getrou. Die Boer was 'n jarelange droom van Jurg.