Kaapstad het die vermaaklegende, David Kramer, en sy ontslape boesemvriend, Taliep Petersen, tydens ’n spesiale raadsvergadering met die vryheid van die stad vereer. Dit is die hoogste eerbewys, wat in die stad se geskiedenis nog net 14 keer toegeken is. Kramer en Petersen het oor dekades heen ’n onuitwisbare merk op die Moederstad se kultuurerfenis gelaat met hulle musiek, stories en produksies. Ons praat met David Kramer oor die spesiale eer wat hom te beurt geval het.